1 groot komkommer
200 g kersie tamaties, in die helfte gesny
100 g ui, in ringe gesny
½ groen, rooi en geel soetrissie, in repe gesny
1 wortel, in repe gesny met ‘n aartappelskiller
1 pak gemengde slaaiblare
1 avokado
50 g dill gherkins, in ringe gesny
20 groen olywe
10 ml suurlemoensap
15 ml balsamiese asyn
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Sny die komkommer in die helfte, haal die pitte uit met ‘n lepel. Sny dit in dun skyfies. Sny die avokado in klein blokkies. Sit die avokado in ‘n bakkie met ‘n deksel, sprinkel die suurlemoensap en asyn bo-oor en skud saggies sodat die avokado daarmee bedek is. Skeur die slaaiblare kleiner en pak onderin ‘n mooi slaaibak. Rangskik die komkommer en tamatie bo-op, dan die soetrissies en avokado. Pak laastens die uie ringe bo-op. Geur met sout en swartpeper na smaak en dien op met ‘n LowCarb slaaisous van jou keuse.