LowCarb Resepte is maar geneig om aan die wit-geel-groen-vaal spektrum te wees - visueel gesproke nou. Rooikool is een van die ideale maniere om bietjie kleur op ons borde te kry - en dit is exceptionally gesond vir ons.
500 g rooikool
60 ml water
30 ml bruin asyn
30 g botter
10 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak
100 g streepspek, gaar en in stukkies gekap
50 g feta, gekrummel
Kerf die rooikool in dun repies. Plaas die rooikool in 'n kastrol saam met die water en asyn. Bedek en kook op medium hitte tot die kool sag is - ongeveer 15 minute. Roer die botter, versoeter en spek by die kool in. Kook vir 'n verdere 5 minute (of tot die water alles weggekook is). Skep die kool uit in 'n opdienbak en sprinkel die feta net voor opdiening oor.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.3g