Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

FRANSE OMELET

By ©️ Leanda C. Retief
FRANSE OMELET picture

2 eiers
30 ml water
sout en peper na smaak
gemengde kruie na smaak
20 g botter
40 g gekapte ham
10 g gekapte uie
15 g gekapte groenrissie
30 g cheddar, gerasper

Plaas die eiers, water en geurmiddels na smaak in ‘n skudbeker (“shaker”). Skud dit goed tot alles gemeng is. Verhit die botter in ‘n pan en gooi die eiers daarin. Sit ‘n deksel op en braai tot die eiers halfpad gaar is. Gooi nou die ham, uie, soetrissie en kaas op die een helfte van die eiers en sit die deksel weer op tot die eiers heeltemal gaar is. Vou die een helfte bo-oor die helfte met die vulsel en bedien dadelik.
1 Porsie * Per Porsie * Net Carbs 2.7g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp