2 snye LowCarb Brood (van jou keuse)
2 eiers
15 ml melk
2,5 ml fyn kaneel
2 ml vanilla geursel
5 ml xylitol, opsioneel
Sny die brood in blokkies en pak dit in ‘n groterige ramekin bakkie. Klits die eiers, melk, kaneel, vanilla en versoeter saam. Gooi dit oor die brood en laat dit staan vir 2 minute sodat die eier in die brood kan intrek. Plaas die bakkie in die airfryer. Airfry op 180°C vir ongeveer 5 minute, tot die eiers gaar en die gereg lekker bros is. Bedien warm met bolae van jou keuse.
1 Porsie * Per Porsie * Net Carbs 3.7g
💕 Sluit aan by ons LowCarb Kombuis Whatsapp Reseptegroep:
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79