Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

FRANSE UIE SOP

By ©️ Leanda C. Retief
FRANSE UIE SOP picture

Hierdie resep lewer 'n groot pot sop, maar die goeie nuus is dat die sop baie goed vries. Wanneer jy besluit om die sop te vries, doen dit voordat jy die kaas bo-oor sprinkel en in die oond rooster. Jy kan daardie stap voltooi wanneer jy die sop opdien.

125 g botter
1 kg uie, in ringe gesny
2 knoffelhuisies, fyngemaak
5 ml droë tiemie
125 ml droë rooi wyn
2 liter bees aftreksel
sout en varsgemaalde swart peper na smaak
200 g mozzarella, gerasper

Smelt die botter in 'n groot kastrol en voeg die uie, knoffelhuisies en tiemie by. Braai vir 30 minute tot die uie sag en goudbruin is. Gooi die rooiwyn by en kook vir 30 minute. Voeg die aftreksel by, bedek en prut liggies vir 20 minute. Geur na smaak met sout en peper. Skep die sop uit in individuele bakkies, en sprinkel die mozzarella kaas bo-oor die sop. Plaas die bakkies op 'n bakplaat en plaas onder die rooster element van die oond tot die kaas gesmelt en goudbruin is.
12 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 6.8g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp