Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

GARNAAL-en-AVO WRAPS

By Leanda Retief
GARNAAL-en-AVO WRAPS picture

Hierdie is die ideale ligte middagete. Jy kan die garnale met tuna ook vervang indien jy wil.

500 g skoongemaakte garnale
15 ml botter
15 ml suurlemoensap
100 g komkommer, in klein blokkies gesny
100 g tamatie, in klein blokkies gesny
50 g rooi uie, fyngekap
100 g avokado, in klein blokkies gesny
4 slaaiblare, gewas en afgedroog

Verhit die botter in 'n braaipan en braai die garnale daarin tot net gaar. Sprinkel die suurlemoensap oor, roer deur en laat eenkant om af te koel. Meng die komkommer, tamatie, uie en avokado saam in 'n mengbak. Roer die afgekoelde garnale hierby. Klam aan met bietjie mayonnaise, indien verkies. Verdeel die mengsel tussen die 4 slaaiblare en vou toe. Bedien dadelik.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 5.3g

💕 Sluit aan by ons LowCarb Kombuis Whatsapp Reseptegroep: 
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp