550 g blomkool, gaar gestoom
125 ml suur room
15 ml fyngerasperde uie
15 ml vars gekapte gras uie (opsioneel)
15 g botter
sout en varsgemaalde swart peper na smaak
Voorverhit die oond tot 200°C en voer 'n bakplaat met bakpapier uit. Plaas al die bestanddele in 'n voedselverwerker en verwerk tot glad. Skep die mengsel in 8 ewe groot hopies op die bakplaat - jy kan dit ook in 'n versierspuit skep en mooi vorms daarmee uitspuit. Bak vir 25-30 minute tot goudbruin en effens bros aan die bokant. Bedien warm.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.5g