Hierdie resep gaan een van jou gunstelinge word - dis maklik om te maak, lyk mooi en smaak heerlik. Jy kan ook ander bestanddele in die "ham-bakkies" skep voordat jy die eiers daarin gooi, soos gekerfde sampioene, soetrissies, uie en selfs spinasie.
12 dun snytjies ham
12 eiers
sout, peper en paprika na smaak
Spuit/smeer die holtes van ‘n paar silikon muffinkoppies. Voer die holtes met die ham uit. Breek 'n eier in die ham-bakkie en geur na smaak met sout, peper en paprika. Pak die muffinkoppies in die lugbraaier en lugbraai vir 5-10 minute op 180°C, of tot die eiers na jou smaak gaar is.
12 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.4g
🍳 365 LowCarb Ontbyt vir 'n Jaar bestaan uit uitgewerkte en uitruilbare maandelikse spyskaarte (Januarie tot Desember), plus al die Resepte wat in die Spyskaarte gebruik word - alles van Eiers tot Ontbytpap/Muesli, Beskuit en Smoothies. Jy hoef nooit weer te wonder wat om vir ontbyt te eet nie!
Vind meer inligting hier:
https://www.lowcarbkombuis.co.za/products/365-lowcarb-ontbyt-vir-n-jaar/