(Net so vir interessantheidshalwe, hierdie is 'n tradisionele gereg uit Bosnië, wat Cimbur genoem word.)
30 ml olie
25 g uie, gekap
25 g rooi soetrissies, gekap
100 g bees maalvleis
60 ml tamatie pasta
xylitol, of versoeter na smaak
sout, peper, paprika en gemengde kruie na smaak
2 eiers
60 g cheddar, gerasper (opsioneel)
Verhit die olie in 'n pan en soteer die uie, soetrissies en maalvleis daarin tot gaar. Voeg die tamatie pasta by, Versoet (indien verkies) en geur na smaak met sout, peper en paprika, en sprinkel 'n bietjie gemengde kruie oor. Meng alles goed saam en skep die vleismengsel uit in 'n gesmeerde/gespuite glasbakkie. Maak twee holtes in die vleismengel en breek 'n eier in elke holte. Sprinkel bietjie sout en peper oor, asook die kaas. Lugbraai op 200°C vir ongeveer 7-10 minute of tot die eiers gaar is. Bedien warm.
1 Porsie * Per Porsie * Net Carbs 3.7g
Vir nog heerlike LowCarb Resepte, sluit by die LowCarb Kombuis Whatsapp-groepie aan:
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79