Kerrie, borrie en mosterd gee 'n geel kleurtjie aan hierdie slaai, en saam met die agurkies 'n baie lekker smaak.
300 g blomkool, in stukkies gesny
3 eiers, hardgekook en grof gekap
75 g rooi uie, gekap
75 g dill agurkies, gekap
Slaaisous:
125 ml mayonnaise
15 ml Dijon mosterd
5 ml matige kerrie poeier
2,5 ml borrie
15 ml xylitol, of versoeter na smaak
sout en peper na smaak
Plaas die blomkool in 'n glasbak, bedek met kleefplastiek en prik die plastiek 'n paar keer. Mikrogolf vir 3 minute of hoog, tot die blomkool net effens versag. Laat afkoel en plaas in 'n mengbak. gooi die eiers, ui en agurkies by en meng versigtig deur. Meng al die bestanddele vir die slaai saam en vou dit versigtig deur die slaai. Verkoel vir ten minste vier ure voor opdiening.
6 Porsies * Per Porsie * 739kJ * Net Carbs 2.8g