Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

GEROOKTE SNOEK-en-AVOKADO SLAAI

By ©️ Leanda C Retief
GEROOKTE SNOEK-en-AVOKADO SLAAI picture

50 g seldery, fyn gekap
200 g gerookte snoek, in stukkies gesny
100 g avokado, in klein blokkies gesny
30 ml mayonnaise
30 ml suurlemoen sap
versoeter, sout en peper na smaak
50 g blaarslaai

Meng die seldery, snoek, avokado, mayonnaise en suurlemoen sap saam. Geur na smaak met sout en peper. Sny die blaarslaai in repies en verdeel tussen twee slaaiborde. Skep die helfte van die slaai op elke bord en bedien dadelik.
2 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 4.5g

❤️ Vir nog heerlike LowCarb Resepte, sluit by die LowCarb Kombuis Whatsapp-groepie aan:
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp