Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

GEROOMDE BROCCOLI

By ©️ Leanda C Retief
GEROOMDE BROCCOLI picture

500 g broccoli, gaar en in klein stukkies gesny
180 ml room
250 g roomkaas
sout en varsgemaalde swart peper na smaak
Italiaanse speserye na smaak
50 g cheddar, gerasper

Plaas die broccoli in ‘n gesmeerde, oondvaste bak. Klits die room, roomkaas en geurmiddels saam en gooi dit oor die broccoli. Sprinkel die kaas bo-oor en bak in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC vir 25 minute tot deurwarm en die kaas gesmelt is. Bedien warm.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 5.4g

❤️Die LowCarb Kombuis het nou 'n Whatsapp-Katalogus vir alle Gratis Materiaal, Resepteboeke, Spyskaarte/Menus en Vervaardigde Produkte! Nuwe produkte word daagliks byvoeg.
Volg die skakel en gaan loer bietjie:
https://wa.me/c/27615180246

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp