500 g vars Brusselse spruite
Sous:
125 ml gewone joghurt
15 ml mayonnaise
10 ml Dijon mosterd
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Sny 'n kruisie aan die onderkant van elke Brusselse spruit. Plaas in 'n vergiettes oor kookwater. Bedek en stoom vir ongeveer 10 minute of tot sag. (Jy kan dit ook in 'n voedselstomer/food steamer sag stoom as jy een het.) Meng intussen die joghurt, mayonnaise en mosterd saam in 'n klein kastrolletjie, en verhit - moenie dat dit kook nie. Roer die sous deur die Brusselse spruite en geur na smaak met sout en peper. Bedien warm.
6 Porsies * Per Porsie * 227kJ * Net Carbs 5.0g