Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

GEROOMDE SPINASIE KASSEROL

By Leanda Retief
GEROOMDE SPINASIE KASSEROL picture

30 ml olie
100 g uie, gekap
2 knoffelhuisies, fyngemaak
500 g spinasie, gewas en in repe gesny
180 ml room
60 ml mayonnaise
2 eiers
sout en varsgemaalde swart peper na smaak
5 ml fyn neutmuskaat
50 g cheddar kaas, gerasper
50 g parmessaan, gerasper

Verhit die olie in 'n groot braaipan en braai die uie en knoffel in die olie tot sag. Voeg die spinasie by en braai tot die spinasie sag is. Plaas die mengsel in 'n mengbak. Klits die room, mayonnaise en eiers saam. Geur met sout en peper, voeg die neutmuskaat by. Gooi die mengsel oor die spinasie en roer goed deur. Skep uit in 'n gesmeerde oondvaste bak en sprinkel die kaas bo-oor. Bak in 'n voorverhitte oond teen 180°C vir ongeveer 30 minute tot deurwarm en die kaas gesmelt is. Bedien warm.
9 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 4.0g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp