Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

GEROOSTERDE GROENTE SLAAI

By Leanda Retief
GEROOSTERDE GROENTE SLAAI picture

50 g pampoen, in blokkies gesny
50 g murgpampoentjies, in ringetjies gesny
50 g sampioene, gehalveer
50 g rooi soetrissie, in groterige stukke gesny
50 g groen soetrissie, in groterige stukke gesny
50 g eiervrug, in blokkies gesny
45 ml olyf olie
2 knoffelhuisies, fyngemaak
100 g slaaiblare

Knoffel-Vinaigrette Slaaisous:
375 ml olie
60 ml balsamiese asyn
3 knoffelhuisies, fyngemaak
10 ml xylitol/erythritol, of na smaak
2,5 ml droë Italiaanse kruie

Plaas al die bestanddele in ‘n fles met ‘n deksel, en skud goed tot alles gemeng is. Laat in die yskas tot opdiening.
Plaas al die groente in ‘n Ziploc-sakkie. Gooi die olie en knoffel daarby in. Werk die sakkie tussen jou hande sodat die olie en knoffel die groente bedek. Pak die groente in ‘n enkel-laag uit op ‘n bakplaat wat met olie geverf is. Rooster teen 200 vir ongeveer 30-40 minute of tot die groente sag is. Laat afkoel. Sny die slaaiblare in dun repies en plaas dit onder in ‘n slaaibak. Skep die afgekoelde groente bo-op. Bedien met die Knoffel-Vinaigrette Slaaisous.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 5.4g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp