Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

GEROOSTERDE GROENTE SOP

By ©️ Leanda C. Retief
GEROOSTERDE GROENTE SOP picture

OK, hierdie resep het ek getweak lank voordat lugbraaiers mode geraak het, en toe was geroosterde groente 'n redelik omslagtigheid. Nou is dit vinnig en maklik - spuit die groente met olie, lugbraai vir ongeveer 10-15 minute en dis reg om vir die sop gebruik te word.

250 g tamaties
750 g eiervrug
150 g uie
4 heel knoffelhuisies
45 ml olie
7,5 ml droë marjoram
1 liter hoender aftreksel
250 ml room

Voorverhit die oond tot 200°C. Verf 'n baplaat deeglik met olie. Sny die tamties, eiervrug en uie en kwarte en pak op die bakplaat uit. Skil die knoffel af en plaas dit tussen die groente. Sprinkel die olie en marjoram bo-oor. Rooster in die oond vir ongeveer 40 minute tot die groente sag is en begin verbruin. Plaas die tamaties en uie in 'n kastrol, verwyder die vel van die eiervrug en voeg dit by. Gooi die aftreksel by en bring tot kookpunt. Kook vir 10 minute, verwyder van die hitte en puree die sop met 'n handmenger tot glad en romerig. Voeg die room by en geur na smaak. Bedien warm.
9 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 4.6g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp