Maak eerste die KITSBROODJIE:
30 ml amandel meel
30 ml lynsaad meel
1 ml bakpoeier
15 g botter, gesmelt
1 eier
Smelt die botter in ‘n glasbeker in die mikrogolf. Laat effens afkoel en meng dan die eier daarby in. Meng die droë bestanddele by en gooi die mengsel uit in ‘n gesmeerde mikrogolfvaste bakkie (vierkantig of rond) Bedek met kleefplastiek en druk ‘n paar gaatjies daarin met ‘n vurk. Mikrogolf op hoog vir ongeveer 2 minute.
Maak nou die BROODJIE
2 repe streepspek, gaargemaak
1 eier, gebak
30 g avokado, in dun skywe gesny
30 g cheddar
Plaas die bestanddele op die broodjie en rooster aan albei kante vir 'n paar minute tot die kaas gesmelt is.
1 Porsie * Per Posie * Net Carbs 2.7g