500 g pampoen
30 ml olyf olie
sout
fyn naeltjies
fyn kaneel
fyn neut
Voorverhit oond tot 200ºC. Skil die pampoen, skep die pitte uit en sny die pampoen in skywe. Verf die skywe aan albei kante met olyf olie en pak op 'n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Geur met die sout en speserye na smaak. Rooster vir 20-25 minute, of tot die pampoen sag is. Bedien warm.
10 Porsies * Per Porsie * 172kJ * Net Carbs 2.6g