3 portobello sampioene
60 ml olie
30 g uie, fyngekap
4 knoffelhuisies, fyngemaak
30 ml balsamiese asyn
Vee die sampioene met 'n klam lappie af en verwyder die stammetjie. Plaas in 'n bak met die oop kant na bo. Meng die olie, uie, knoffel en asyn saam. Gooi die mengsel oor die sampioene en laat vir 1 uur marineer. Plaas die sampioene op 'n bakplaat en rooster teen 230°C vir 10 minute, draai om en rooster vir 'n verdere 5 minute. Bedien warm.
3 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.6g