Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

GEROOSTERDE SUURLEMOEN HOENDER

By Leanda Retief
GEROOSTERDE SUURLEMOEN HOENDER picture

Hoender is altyd my "go to" (en maalvleis) as ek nie weet wat om te maak nie. Dis redelik goedkoop en veelsydig - en die LowCarb toelaatbare geregte wat jy daarmee kan optower, is eindeloos.

2 suurlemoene
30 ml olie
6 takkies roosmaryn
2 knoffelhuisies, fyngemaak
6 hoender dye

Voorverhit oond tot 200°C. Druk die sap van 1 suurlemoen in 'n klein bakkie uit. Sny die ander suurlemoen in dun skyfies. Voeg die olie, 2 takkies roosmaryn en knoffel by die suurlemoensap. Plaas die hoender in 'n bak en gooi die suurlemoenmengsel bo-oor die hoender. Laat vir 30 minute marineer. Pak die suurlemoenskywe onderin 'n gesmeerde oondvaste bak uit. Plaas die oorblywende 4 takkies roosmaryn bo-op. Plaas die hoender bo-op met die vel kant na bo. Bak vir 45-50 minute tot die hoender gaar is, bedruip gereeld met die sous terwyl die hoender bak.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.3g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp