Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

GESONDE BROSBROOD

By ©️ Leanda C. Retief
GESONDE BROSBROOD picture

Dit is altyd 'n uitdaging om 'n lekker brosbrood resep te kry - brosbrood is ideaal om as tussen-in happie te eet of om saam met sop en paté te geniet. Hierdie een is heerlik vullend en laag in koolhidrate. Dit is propvol vesel, so onthou om genoeg water of ander vloeistof in te neem wanneer jy hierdie beskuitjies eet.

70 g pampoen saad
70 g sonneblom saad
40 g lynsaad, fyngemaal
15 g chia saad
15 g psyllium husk poeier
30 g amandel slivers
80 ml klapper olie, gesmelt
80 ml water
5 ml uie poeier
5 ml sout

Voorverhit die oond tot 180°C. Voer 'n rolkoekpan met bakpapier uit en spuit dit goed met kleefwerende middel. Meng al die droë bestanddele in 'n mengbak. Voeg die olie by en meng tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg genoeg water by om 'n stywe deeg te vorm. Sprei die mengsel op die bakplaat uit en bak vir 15 minute. Verwyder uit die oond en sny dit in 12 ewe groot stukkies. Sit die beskuitjies terug in die oond en bak vir 'n verdere 
30 minute tot bros en ferm. Verwyder uit die oond en laat effens afkoel in die pan, verwyder en laat op 'n draadrakkie afkoel tot heeltemal koud. Stoor in 'n lugdigte houer.
12 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.8g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp