Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

GEURIGE FRIKADELLETJIES

By Leanda Retief
GEURIGE FRIKADELLETJIES picture

Hierdie is een van daardie wonderlike LowCarb-resepte waar die Net Carbs heeltemal wegval omdat die VESEL (fibre) hoër is as die Total Carbs. Dit gebeur gewoonlik wanneer daar lynsaad (flax seed of linseed) in 'n resep is, omdat dit so ongelooflik hoog in vesel is, maar dit is ook nie altyd die geval nie - moet dus nie assume omdat daar lynsaad in die resep is, dat daar geen Net Carbs is nie.

Frikadelletjies:
300 g bees maalvleis
200 g vark maalvleis
30 g lynsaad meel
50 g ui, gerasper
2,5 ml knoffel poeier
2,5 ml wit peper
1 eier

Geurige Sous:
125 ml water
45 ml wit asyn
30 ml soja sous
60 ml tamatie puree
5 ml olie
2,5 ml xantham gum
50 g grasuie, fyn gekap
3 rissies, saadjies verwyder en gekap
5 ml fyn gemmer
5 ml suurlemoenskil, gerasper
1 knoffelhuisie, fyngemaak

Maak die Frikadelletjies: Meng die vleis, lynsaad, ui, knoffel en peper saam. Meng die eier hierby in. Vorm die mengsel in 24 klein frikadelletjies en plaas op 'n gesmeerde bakplaat. Bak vir ongeveer 10 minute teen 180°C tot lekker bruin en gaar. Verwyder uit oond en laat eenkant.

Berei die Sous: Klits die water, asyn, soja sous, tamatie puree, olie, xantham gum en versoeter na smaak in 'n braaipan saam. Verhit oor medium hitte tot dit begin verdik. Voeg die grasuie, rissies (hou bietjie eenkant vir opdiening), gemmer, suurlemoenskil en knoffel by. Verlaag die hitte en laat vir 5 minute liggies prut. Voeg die frikadelletjies by en roer goed deur.
6 Porsies Per Porsie * Total Carbs 1.3g * Dietary Fibre 2.1g

📌 Sluit aan by ons gratis Whatsapp-Groepie:
https://chat.whatsapp.com/LQ7K6kFlB2zGL5QnKR5uUx

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp