Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

GEURIGE HOENDERVLERKIES

By ©️ Leanda C. Retief
GEURIGE HOENDERVLERKIES picture

30 ml olie
6 knoffelhuisies, fyngemaak
30 ml soja sous
15 ml gemengde speserye/allspice
2.5 ml rooipeper, of na smaak
5 ml fyn kaneel
5 ml sout
5 ml wit peper
15 ml droë origanum
5 ml fyn gemmer
125 ml asyn
60 ml suurlemoen sap
1 kg hoender vlerkies, puntjies verwyder

Plaas al die bestanddele (behalwe die vlerkies) in ‘n groot plastiekbak (met deksel) en meng goed saam. Voeg die hoender vlerkies by, seël die bak en skud tot die marinade die hoender deeglik bedek. Marineer vir ten minste 4 ure, skud ‘n paar keer. Voer die lugbraaier se mandjie/bakplaat met bakpapier uit en spuit deeglik met olie. Pak die vlerkies in ‘n enkellaag in die mandjie en spuit met olie. Lugbraai teen 200°C vir 8-10 minute, draai die vlerkies om en lugbraai vir ‘n verdere 8 minute, of tot gaar.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 0.3g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp