Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

GEURIGE KOOLSLAAI

By ©️ Leanda C. Retief
GEURIGE KOOLSLAAI picture

300 g kool, fyn gesny
100 g wortels, fyngerasper
50 g koljander, vars
100 g uie, fyn gekap
1 jalapeno rissie, fyn gekap
45 ml lemmetjie sap
5 ml rooipeper, of na smaak
15 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak

Meng die kool, wortels, koljander, uie en rissie goed saam. Meng die lemmetjie sap, rooipeper en versoeter saam en gooi oor die koolmengsel. Roer goed deur en verkoel voor opdiening.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.1g
(Bron: LowCarb Maaltydplanne en Resepe Volume 1 - Leanda C Retief)

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp