15 ml matige kerriepoeier
knippie rooipeper, opsioneel
5 ml droë origanum
5 ml droë roosmaryn
5 ml sout
2,5 ml varsgemaalde swart peper
60 ml olyfolie
8 lamstjops (ongeveer 100 g elk)
30 g botter
Maak 'n pasta met die kerrie, rooipeper, origanum, roosmaryn, sout, peper en 30 ml olyfolie. Vryf hierdie mengsel oor die tjops. Pak in 'n glasbak, bedek en marineer oornag.
Verhit die oorblywende 30 ml olyfolie in 'n swaarboompan oor medium hitte. Plaas die tjops in die pan en braai vir 4 minute aan elke kant. Voeg nou die botter by en braai die tjops tot dit gaar is. Draai gereeld om.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 0.0g