Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

GEVULDE EIERVRUG

By ©️ Leanda C. Retief
GEVULDE EIERVRUG picture

2 klein eiervrugte (250g elk)
60 ml olie
100 g uie, fyn gekap
4 knoffelhuisies
12 kersie tamaties, in die helfte gesny
50 g ontpitte groen olywe, fyngekap
125 g mozzarella en/of cheddar, gerasper

Voorverhit die oond tot 200°C. Sny die eiervrugte in die lengte in die helfte deur en skep die meeste van die vlees met ‘n teelepel uit. Kap dit fyner en hou eenkant. Gooi 30ml van die olie in ‘n braaipan en verhit. Strooi bietjie sout in die eiervrug se holtes en plaas die eiervrugte in die pan met hul gesnyde kante na onder. Braai vir 5 minute en verwyder uit die pan. Plaas die eiervrug op ‘n bakplaat en bak in die oond vir 15 minute of tot sag en gaar.
Verhit intussen die oorblywende olie in ‘n pan en braai die uie daarin tot sag en gaar. Voeg die eiervrug-blokkies by en braai tot sag en gaar. Gooi die knoffel en tamaties by en kook vir 3 minute. Roer die olywe en helfte van die kaas by. Wanneer die eiervrug-doppe gaar is, verwyder uit die oond. Verdeel die vulsel tussen die doppe en sprinkel die oorblywende kaas bo-oor. Bak vir 15 minute tot die kaas gesmelt is. Bedien warm.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 6.9g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp