4 minute steaks
sout, peper en pietersielie na smaak
15 g botter
50 g uie, fyn gekap
120 g spinasie, gewas en gekerf
100 g mozzarella, gerasper
Plaas die minute steaks op 'n stuk kleefplastiek, sit nog 'n stuk kleefplastiek bo-oor en kap dit effens platter met 'n vleishamer (nie te dun nie, dit moenie gaatjies maak nie). Verwyder die boonste laag kleefplastiek. Geur die steak na smaak met sout, peper en pietersielie. Smelt die botter in 'n braaipan, soteer die uie tot net sag. voeg die spinasie by en braai vinnig tot dit net begin verwelk. Skep die mengsel bo-op elke steak en maak gelyk. Verdeel die kaas tussen die steaks. Rol elke steak stewig op en steek vas met 'n tandestokkie om dit in plek te hou. Bind twee stukkies skoon tou aan die bokant en onderkant van elke steakrolletjie vas en sny die rolletjie in die helfte deur. Pakk die rolletjies (met die gevulde kante bo en onder) in 'n gesmeerde/gespuite oondvaste bak. Sit 'n stukkie tinfoelie oor en bak teen 180°C vir ongeveer 30 minute tot die steak gaar is. Bedien warm.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.9g