Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

GEVULDE VARKTJOPS

By Leanda Retief
GEVULDE VARKTJOPS picture

5 dik varktjops
125 ml room kaas
10 ml droë pietersielie
15 ml suurlemoen sap
120 g amandel meel
5 ml knoffel poeier
5 ml uie poeier
2 eiers

Voorvehit die oond tot 200°C. Voer ‘n bakplaat met tinfoelie uit en plaas ‘n draadrak bo-op. Sny ‘n spleet in die varktjops, wees versigtig om nie die vleis deur te sny nie, dit moet ‘n holte vorm vir die vulsels. Plaas die room kaas, pietersielie en suurlemoen sap in ‘n mengbak en meng goed. Geur na smaak. Vul die holtes met die mengsel en laat eenkant. Meng die amandel meel, knoffel poeier, uie poeier en sout en peper na smaak in ‘n groot bord. Klits die eiers. Bedek elke tjop met die eiermengsel, en bedek dan met die amandel meel. Pak die tjops op die draadrak en laat staan vir 20 minute. Bak in die oond vir ongeveer 30 minute, of tot die tjops gaar en bros is, draai halfpad gedurende die baktyd om. Bedien warm.
5 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.7g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp