Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

GRASUI-en-KAAS MUFFINS

By ©️ Leanda C. Retief
GRASUI-en-KAAS MUFFINS picture

4 eiers
60 g botter, gesmelt
60 ml water
30 g klapper meel
2 ml bakpoeier
1 ml sout
1 ml peper
25 g parmeessaan, gerasper
20 g gras uie, fyn gekap
35 g cheddar, gerasper

Voorverhit die oond tot 200°C. Suit/smeer 6 silikon muffinkoppies en plaas op 'n bakplaat. Klits die eiers, botter en water saam. Voeg die klapper meel, bakpoeier, sout en peper by en meng tot 'n gladde deeg sonder klonte. Vou die parmessaan, gras uie en cheddar hierby in. Verdeel die deeg tussen die muffinkoppies (sprinkel nog cheddar/parmessaan bo-oor indien verkies). Bak vir 12-15 minute tot goudbruin en ferm. 
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 0.9g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp