2 eiers
15 ml water
sout en peper na smaak
15 g botter
50 g gaar hoender, in blokkies gesny
10 g swart olywe, in skyfies gesny
15 g tamatie, in klein blokkies gesny
30 g cheddar kaas, gerasper
15 g feta, gekrummel
Klits die eiers en water saam, geur na smaak met sout en peper. Smelt die botter in 'n pannetjie (met 'n deksel). Gooi die eiers in die pan en sit die deksel op. Kook tot die omelet halfpad gaar is. Sprinkel die hoender, olywe, tamatie en cheddar oor die een helfte van die omelet en sit weer die deksel op. Kook tot die omelet gaar is en die kaas gesmelt. Vou die een helfte bo-oor die vulsel en gly uit op 'n bord. Sprinkel die feta bo-oor en bedien dadelik.
1 Porsie * Per Porsie * Net Carbs 2.6g