125 ml balsamiese asyn
200 g murgpamoentjies
30 ml olie
100 g rooi uie, in ringe gesny
1 knoffelhuisie, fyngemaak
50 g rooi soetrissies, in repe gesny
50 g oranje/geel soetrissies, in repe gesny
1 ml rooi rissie vlokkies
Maak eerste die balsamiese reduksie: Gooi die balsamiese asyn in ‘n klein kastrolletjie en verhit oor medium hitte tot dit in volume verminder het en stroperig is – dit neem ongeveer 15 minute.
Sny linte uit die murgpamoentjies met ‘n aartappelskiller. Verhit die olie in ‘n groot braaipan en braai die uie en knoffel tot sag. Voeg die soetrissies en murg-pampoentjies by en kook tot gaar. (Wees versigtig om dit nie te veel te roer nie, die linte gaan breek. Maklikste is om ‘n bietjie water by te gooi, die pan te bedek en die groente gaar te stoom). Gooi die rissies oor en geur na smaak met sout en peper. Gooi die asyn net voor opdiening oor.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.3g