Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

GROEN SLAAI

By ©️ Leanda C. Retief
GROEN SLAAI picture

Daar is so baie variasies op die immergewilde Broccoli Slaai, maar ek het gedink - kom ons maak hierdie een GROEN! Gelukkig vir ons, is meeste groen groente nogal heel laag in koolhidrate ook.

300 g broccoli
100 g avokado
100 g komkommer
100 g seldery
50 g uie
100 g spekstukkies, gaar
100 g cheddar, grof gerasper of in blokkies gesny
125 ml mayonnaise
60 ml room
30 ml xyitol/erythritol, of versoeter na smaak
sout en peper na smaak

Berei die groente: Sny die broccoli in kleiner stukkies en plaas in 'n mengbak. Sny die avokado en komkommer in blokkies en voeg by. Sny die seldery in repies, kap die uie en voeg by. Voeg die spek en kaas by en roer deur. Meng die mayonnaise, room en versoeter saam en roer dit by die slaai in. Geur na smaak. Verkoel die slaai vir ten minste drie ure voor opdiening.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 4.7g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp