500 g groenboontjies, in stukkies gesny
30 ml olie
250 g spek, in stukkies gesny
200 g uie, gekap
250 g sampioene, gesny
knippie fyn neut
sout en peper na smaak
rooipeper na smaak
Stoom die groenboontjies in bietjie soutwater tot net gaar. Dreineer en skep uit in 'n opdienbak. Hou warm. Verhit die olie en braai die spek tot gaar en bro, skep bo-op die boontjies. Braai die sampioene in dieselfde pan tot gaar en skep dit bo-op.. Braai die uie tot sag en deurskynend en skep bo-op die sampioene. Geur na smaak en bedien warm.
10 Porsies * Per Porsie * 790kJ * Net Carbs 4.4g