Grondboontjiebotter op LowCarb is OK - ek weet nie almal stem daarmee saam nie, maar eerstens is grondboontjiebotter goedkoper as ander neutebotters en tweedens is die koolhidraat-inhoud laag genoeg om dit toelaatbaar te maak. Onthou net altyd dat dit onversoete grondboontjiebotter moet wees - so suiwer as moontlik. Hierdie vetbomme is vinnig en maklik om te maak, en die kombinasie is heerlik.
115 g roomkaas, saggemaak
120 g suikervrye grondboontjiebotter
30 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak
70 g 90% kakao/suikervrye sjokolade, grof gerasper
Meng die roomkaas, grondboontjiebotter en versoeter saam. Vorm 12 balletjies uit die mengsel. Rol die balletjies in die sjokolade en pak op 'n bakplaat of groot bord. Plaas in die vrieskas vir 2 ure. Stoor die vetbomme in 'n lugdigte houer in die yskas.
12 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.5g
Leanda se LowCarb Wenk:
Jy kan enige ander neutebotter in plaas van grondboontjie gebruik.
💕 Sluit aan by ons LowCarb Kombuis Whatsapp Reseptegroep:
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79