300 g gekookte ham, gekap
45 g groen soetrissie, fyn gekap
1 selderystingel, fyn gekap
2 ml uie poeier
2 ml peper
15 ml gedroogde pietersielie
knippie rooipeper, opsioneel
3 eiers
150 g gerasperde cheddar
Kap die ham, groenrissie, seldery en grasuie in ‘n voedselverwerker tot dit redelik fyn is. Meng die res van die bestanddele saam in ‘n groot mengbak. Verdeel die mengsel tussen 12 goed-gesmeerde silikon muffinkoppies en plaas op ‘n bakplaat. Bak vir 30-35 minute teen 180 °C tot goudbruin. Laat die muffins effens afkoel voor jy dit uitkeer en laat dit heeltemal afkoel. Bêre in die yskas in ‘n lugdigte houer.
12 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.0g