Hierdie sopresep was een van die heel eerste resepte wat ek decarb en op Die LowCarb Kombuis se blad geplaas het, presies 10 jaar gelede. Dit is nog steeds een van my gunsteling sopresepte na al hierdie jare - dis ryk en romerig en net absoluut heerlik! (En die feit dat dit in die prutpot/slowcooker gemaak word, maak dit net soveel makliker.)
1,5 liter hoender aftreksel
200 g gekookte/cooked ham, in blokkies gesny
150 g spek, in stukkies gesny
150 g sampoiene, gekerf
100 g uie, gekap
10 ml droë gemengde kruie
5 ml sout
5 ml varsgemaalde swart peper
500 g hoenderborsies, vel en been verwyder en in blokkies gesny
4 knoffelhuisies, fyngemaak
45 ml botter
250 ml room
125 ml suur room
50 g parmessaan, gerasper (opsioneel)
100 g wit cheddar, gerasper
Stel die prutpot op laag. Gooi die hoender aftreksel, ham, spek, sampioene, uie, kruie, sout en peper in die bak. Sit die deksel op en skakel die prutpot aan. Verhit die botter in 'n groot braaipan en soteer soteer die knoffel daarin vir 'n minuut. Sny die hoender in blokkies en braai in die botter tot goudbruin. Skep die hoender in die prutpot, bedek en kook op laag vir 6 ure. Voeg die room, suur room en kaas by. Roer deur en dien dadelik op.
12 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.1g