Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

HOENDER-en-EIER SLAAI

By ©️ Leanda C. Retief
HOENDER-en-EIER SLAAI picture

15 ml olie
500 g hoenderborsies, ontvel en in blokkies gesny
75 ml mayonnaise
15 ml wit asyn
30 g rooi uie, fyngekap
2 hardgekookte eiers
100 g seldery, in skyfies gesny

Verhit dit olie in ‘n braaipan en braai die hoender daarin tot gaar. Geur na smaak. Skep die hoender uit en laat afkoel. Meng die mayonnaise, ui en asyn saam. Geur en gooi bietjie versoeter by indien te suur na jou smaak. Kap die eiers fyn. Meng die hoender, eiers en seldery saam en vou die mayonnaise-sous daardeur. Verkoel tot opdiening.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 5.3g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp