2 hoenderborsies
sout en swartpeper na smaak
30 ml olie
250 g sampioene, in repe gesny
125 ml water
15 g botter
Voorverhit die oond na 200°C. Ontbeen die hoenderborsies, maar los die vel op. Geur die hoender aan albei kante met sout en peper. Verhit die olie in 'n braaipan. Plaas die hoender met die vel na onder in die braaipan en braai vir 5 minute. Draai om en plaas die sampioene by die hoender in die pan. Braai die sampioene vir 5 minute. Skep die hoender uit in 'n oondvaste bak, gooi die water en botter by die sampioene en roer deur. Skep dit bo-oor die hoender en bak vir ongeveer 30 minute tot die hoender gaar is. Bedien warm.
2 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.2g