Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

HOENDER-en-SPEK KASSEROL

By Leanda Retief
HOENDER-en-SPEK KASSEROL picture

Ek vind myself deesdae meer lus vir 'n min-moeite kasserol as vir 'n stukkie vleis met slaai. Hierdie kasserol sal 'n wenner wees by jou gesin! (Jy kan die hoender ook heel hou, indien verkies.)

1 kg hoender borsies (of ander porsies), gaargemaak
200 g spek stukkies, gaargemaak
500 g spinasie, net gaar en goed gedreineer
3 knoffelhuisies, fyngemaak
150 g roomkaas, kamer temperatuur
150 g mayonnaise
braaivleis speserye na smaak
100 g mozzarella, gerasper
100 g cheddar, gerasper

Voorverhit die oond tot 180°C. Sny die hoender en spek in klein stukkies en meng dit saam met die spinasie en knoffel in 'n mengbak. Meng die room kaas en mayonnaise by en roer dit by die mengsel in. Geur na smaak met braaivleis speserye. Gooi die helfte van die mozzarella en cheddar by en meng goed deur. Skep die mengsel uit in 'n gesmeerde oondvaste bak, sprinkel die res van die kaas bo-oor. Bak vir ongeveer 15 minute tot die gereg deurwarm en die kaas gesmelt is.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.5g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp