1 kg hoender borsies, gaargemaak
200 g spek stukkies, gaargemaak
500 g spinasie, gaar gestoom en goed gedreineer
3 knoffelhuisies, fyngemaak
150 g roomkaas, kamertemperatuur
150 g mayonnaise
braaivleis speserye na smaak
100 g mozzarella, gerasper
100 g cheddar, gerasper
Voorverhit die oond tot 180°C. Sny die hoender en spek in klein stukkies en meng dit saam met die spinasie en knoffel in 'n mengbak. Meng die roomkaas en mayonnaise by en roer dit by die mengsel in. Geur na smaak met braaivleis speserye. Gooi die helfte van die mozzarella en cheddar by en meng goed deur. Skep die mengsel uit in 'n gesmeerde oondvaste bak, sprinkel die res van die kaas bo-oor. Bak vir ongeveer 15 minute tot die gereg deurwarm en die kaas gesmelt is. Bedien warm.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.5g