Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

HOENDER-en-SPEK SLAAI

By Leanda Retief
HOENDER-en-SPEK SLAAI picture

Hoender en spek is so 'n heerlike kombinasie - en hierdie slaai is een van my gunstelinge vir die somer. (Ek gebruik graag die gemengde pakke slaaiblare - dis net vir my lekkerder as gewone blaarslaai.)

50 g slaaiblare, gewas en in repies gesny
100 g gaar hoendeborsie, in stukkies gesny
50 g spek, bros gebraai
50 g cheddar kaas, gerasper
50 ml mayonnaise
30 ml room
versoeter na smaak, opsioneel

Plaas die slaaiblare onder in ‘n slaaibak. Pak die hoender en spek bo-op en sprinkel die kaas oor. Meng die mayonnaise en room saam, gooi oor die slaai en meng deur. Geur na smaak. Verkoel tot opdiening.
1 porsie * Per Porsie * Net Carbs 3.5g
 

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp