Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

JELLIE KAASKOEK

By Leanda Retief
JELLIE KAASKOEK picture

Hierdie reseppie is verspot maklik om te maak, en dit is heerlik lig na 'n swaar ete. Jy kan die resep verdubbel as jy 'n tert verkies, of vir meer mense moet poeding gee. As jy wil uithang kan jy die kaaskoek in individuele glasie maak in plaas van 'n jellieringvorm, en opdien met styfgeklitste room en/of bessies of aarbeie (nie ingereken nie).

1 pakkie suikervrye jellie, enige geur
125 ml kookwater
250 ml room
240 g room kaas, saggemaak

Los die jellie in die kookwater op. Laat afkoel. Klits die room tot styf. Klits die roomkaas tot sag. Voeg klein bietjies van die afgekoelde jellie daarby en klits goed na elke byvoeging. Vou die styfgeklitste room liggies in. Gooi die mengsel uit in ‘n jellieringvorm en laat in die yskas om te stol.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.2g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp