So elke dan-en-wan kom mens op 'n resep af wat jy sommer weet - hierdie een gaan my lewe verander! In die 10 jaar wat ek al met LowCarb resepte doenig is en resepte decarb, is daar so paar resepte wat ek liasseer onder "lewensveranderend". Hierdie is een van daardie resepte.
1 pakkie suikervrye jellie (enige geur)
kookwater volgens aanwysings op pakkie
250 ml room
voedselkleursel, opsioneel (in dieselfde kleur as die jellie - vir 'n donkerder lollie)
Los die jellie op in die kookwater. Laat dit eenkant afkoel tot die jellie koel is, maar nie gestol nie. Gooi die room in 'n mengbak en klits. Gooi die jellie stadig by die room en klits tot 'n gladde, romerige mengsel. Gooi uit in yslollie-houertjies en plaas in die vrieskas tot hard gevries.
HELE RESEP * Net Carbs 8.7g