120 g roomkaas, saggemaak
1 eier
1 knoffelhuisie, fyngemaak
2.5 ml sout
2.5 ml gemengde kruie
150 g amandel meel
100 g cheddar, gerasper
60 ml room
60 ml water
200 g kaasworsies (lae koolhidraat)
Voorverhit die oond tot 180°C. Plaas die room kaas en eier in 'n mengbak en klits met 'n elektriese klitser tot gemeng. Voeg die knoffel, sout en kruie by en klits deur. Voeg die meel, kaas, room en water by en klits tot 'n gladde deeg. Sny die kaasworsies in dun ringetjies en vou dit by die deeg in. Verdeel die deeg in 8 gesmeerde/gespuite muffinkoppies. Bak vir 20-25 minute of tot deurgaar en goudbruin. Laat vir 'n paar minute in die pan afkoel en keer dan uit. Bedien louwarm.
8 Porsies* Per Porsie * Net Carbs 3.1g