Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

KAAS-HOENDERDYTJIES

By ©️ Leanda C. Retief
KAAS-HOENDERDYTJIES picture

4 hoender dytjies
5 ml droë roosmaryn
5 ml droë origanum
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
150 g cheddar, gerasper

Sprinkel die dytjies met die roosmaryn, origanum en geur na smaak met sout en peper. Vryf die geurmiddels deeglik in die dytjies in en laat rus vir 10 minute. Pak die hoenderdytjies in die lugbraaier se mandjie (vel na onder). Stel die lugbraaier op 190°C en bak vir 10 minute. Draai die hoender om, braai vir 5 minute. Sprinkel dan die kaas oor en braai vir 'n verdere 3 minute, tot die kaas gesmelt is. Bedien warm.
4 Porsies * Net Carbs 0.9g per Porsie

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp