Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

KAAS KITSBROODJIE (Lugbraaier)

By ©️ Leanda C. Retief
KAAS KITSBROODJIE (Lugbraaier) picture

30 ml (2 E) klapper meel
60 ml cheddar, gerasper
0.5 ml elk knoffelpoeier, uie poeier, droe pietersielie, sout en peper 
1 ml bakpoeier
1 eier
15 ml room
30 ml water
15 ml botter, gesmelt

Meng die klapper meel, kaas, geurmiddels en bakpoeier saam in ‘n mengbakkie. Klits die eier, room en water by en meng dit met die gesmelte botter. Meng die meelmengsel hierby in en skep dit uit in ‘n gesmeerde/gespuite ramekin bakkie, of vierkantige glasbakkie. Plaas in die lugbraaier en braai teen 170°C vir ongeveer 7-10 minute. Laat vir ‘n paar minute afkoel, keer uit en sny in snytjies.
1 Porsie * Per Porsie * Net Carbs 2.3g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp