Hierdie is so ‘n eenvoudige (en baie gewilde) resep, dat mens nie eintlik ‘n resep nodig het nie.
Vir variasie, gebruik enige van die volgende tipes kaas:
• Mozarella
• Parmessaan
• Cheddar
30 g kaas, gerasper
Plaas ‘n stuk bakpapier op ‘n bord. Verdeel die kaas in drie hopies van 10g elk en plaas dit ‘n entjie van mekaar op die papier. Mikrogolf op hoog vir ongeveer 90 sekondes tot die kaas gesmelt en hard is. Verwyder uit die mikrogolf en laat vir 2 minute afkoel voor dit van die papier verwyder word.
1 Porsie * Per Porsie * Net Carbs 0.6g