Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

KAAS-SPINASIE

By Leanda Retief
KAAS-SPINASIE picture

450 g gevriesde spinasie
100 g roomkaas (gegeur of ongegeur)
45 ml room
250 g cheddar, gerasper

Stoom die spinasie tot gaar en dreineer. Mikrogolf die roomkaas, room en die helfte van die kaas tot dit sag is en maklik geroer kan word. Roer die spinasie daarby in. Skep uit in ‘n gesmeerde/gesmeerde oondvaste bak en sprinkel die res van die kaas bo-oor. Bak teen 180°C tot deurwarm.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.3g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp