Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

KAASBURGER KASSEROL

By ©️ Leanda C. Retief
KAASBURGER KASSEROL picture

Hierdie eenvoudige kasserol is een van my absolute LowCarb favourites! Ietsie tussen 'n hamburger en 'n souttert - dit is regtig baie lekker en 'n groot gunsteling by kinders.

250 g spek stukkies
100 g uie, fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyngemaak
500 g bees maalvleis
60 ml room kaas
30 ml tamatie pasta
10 ml xylitol, of versoeter na smaak
5 ml mosterd poeier
15 ml Worcheshiresous
sout en peper na smaak
4 eiers
60 ml room
150 g cheddar, gerasper

Plaas die spek saam met 'n bietjie olie in 'n braaipan en braai tot gaar. Verwyder en braai dan die uie en knoffel in dieselfde pan tot sag. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar. Verwyder van die hitte en laat bietjie afkoel. Meng die room kaas, tamatie pasta, versoeter, mosterd poeier en Worcester sous saam. Meng dit by die vleismengsel in. Geur na smaak met sout en peper. Skep die mengsel uit in 'n gesmeerde/gespuite oondvaste bak en sprinkel die spek bo-oor. Mengdie eiers en room saam, geur na smaak en gooi dit bo-oor die vleismengsel. Druk 'n paar gaatjies met 'n vurk in die mengsel sodat die eier kan inloop. Sprinkel die kaas bo-oor en bak teen 180°C vir ongeveer 30 minute of tot die eiers geset en die gereg deurwarm en die kaas gesmelt is.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.4g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp