500 g ontbeende, vellose hoenderborsies
100 g roomkaas
50 g mozzarella, gerasper
50 g grasuie, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyngemaak
8 repe streepspek
Halveer die hoenderborsies versigtig in die lengte deur, maar moenie deursny nie. Lê die honderborsies plat op ‘n broodplank en slaan dit met ‘n vleishamer plat. Meng die roomkaas, mozzarella, grasuie en knoffelhuisies saam – geur na smaak met sout en peper. Verdeel die kaasmengsel tussen die hoenderborsies en smeer dit oor die borsies. Rol die borsies versigtig op. Draai twee repe spek om elke borsie, steek met ‘n tande-stokkie vas indien nodig. Plaas die borsies op ‘n gesmeerde/gespuite bakplaat en bak vir 30 minute teen 180°C. Skakel die roosterelement van die oond aan en rooster die borsies vir 5 minute aan elke kant sodat die spek bros kan braai. Bedien warm.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.0g